Vul ons met U Liefde
deur
Belinda van Rensburg
Mag, O Here, ons liefde
Toeneem en groei in U;
Mag
dit nooit lou of koud word;
Nimmer verkluim, verflou nie.
Blaas die vuur in ons harte
Sodat dit warm kan gloei;
Kap
elke vruglose tak af,
Hou and en aan met snoei.
Ons slim argumente, debatte;
Ons dooie woorde en werke
Het
geen Ewige waarde
Al sit ons in stampvol kerke.
Alles help niks as ons liefde
Vir U en mekaar verflou;
Kom
vul ons tog, Here Jesus
Met U ware liefde nou.
© 2010
____________________________________
Lighuis
deur Belinda van Rensburg
'n Baken in die donker nag
Flits seine skerp
en sterk van krag;
Waarskuwings teen die skuil-gevaar
Vir iedereen wat herwaarts vaar.
Rondgeslinger deur die
weer
En deur getye meegesleur
Maak vaarders staat op 'n lighuis
Om hul die regte weg te wys.
So moet ons ook
Christus verklaar
Om die wat sterwend is te spaar;
Om ongereddes in te lig
En hul te lei na God se Lig.